Daily Archives: 2022-08-10

8 posts

PEN Nederland Jakes Gerwel-inwoonskrywer: ’n onderhoud met Emma Crebolder

Emma Crebolder is ’n Nederlandse klimaatdigter wat vanjaar haar 80ste verjaardag vier. Emma het via PEN Nederland van die PEN-skrywersresidensie te hore gekom. Sy het nie gedink dat haar aansoek om vir ’n maand in die Oos-Kaap te kom skryf sou slaag nie, aangesien sy gereken het dat slegs jonger skrywers die geleentheid sou kry. Groot was haar verbasing dat die skrywersresidensie toe inderdaad bygewoon is deur skrywers en digters van alle ouderdomme.