In ’n Facebook-post deel Keith Lewis, deelnemer aan die PEN dit neer-program in 2024, dat een van sy kortverhale, Blue Boy Lagoon, deel vorm van ’n module, Inleiding tot Genre / Fiksie / Narratiewe Elemente, by Noordwes-Universiteit (NWU).
While standing at the front gate of our RDP house our neighbour, tietie Vonne, approached me to inform me that her son, who we call Priest, is a first-year student at North-West University in Potchefstroom. Priest told her that for class they are reading a short story entitled Blue Boy Lagoon and, to his surprise, the story credits my name as author.
Keith Lewis Facebook Post

Keith Lewis, ’n digter van Smartie Town (Paarl), se werk spreek tot die lewenservarings van bruin mense in Suid-Afrika waarmee hy die kern oorsake van die sosiale euwels wat sy gemeenskap teister, ondersoek en openbaar. Sy kortverhaal, Blue Boy Lagoon, is ’n voorbeeld hiervan en is een van die weninskrywings wat in die 2023 Short.Sharp.Stories-bloemlesing, Fluid, ingesluit is.
Lewis verduidelik in ’n onderhoud met LitNet dat die inspirasie vir sy storie uit die 1980’s film, The Blue Lagoon, kom. In ’n anti-swart, queerfobiese en hipermanlike samelewing bevind die seuns in sy storie, soos die karakters in die rolprent, hulself gestrand en sukkel om sonder enige hulpbronne te oorleef. Sy doelwit was om met sy kortverhaal te illustreer hoe soveel bruin seuns van kleintyd af sonder enige leiding vir hulself moet sorg.
Like my mother would always say: Kan jy dit nou oo ve’tel? So here I am to bring you the good news: Gemeente, I am in tears. This is why I write, mos. For a laaitie like Priest, from the narrow and bloodied streets of Smartie Town, to see his hometown, to read about his neighbourhood, to recognise characters that look and talk like him traversing the pages of literature. More than 1200 km away from home he could find home in the world of a short story prescribed by academics.
Keith Lewis Facebook Post
As jy nog nie die geleentheid gehad het om Keith Lewis se skryfwerk te lees nie, moet jy beslis nie die Jakes Gerwel Gesprek, Hardop, misloop nie. Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en Klyntji, en in samewerking met Tafelberg, Kwela Boeke, Imprimatur en Botsotso Books, sal ’n groep skrywers hul werke tydens die Suidoosterfees aan die gehoor voorlees.

- Datum: 2 Mei 2025
- Tyd: 17:00 (90min)
- Venue: Netwerk24-feeskafee
- Taal: Afrikaans en Engels
- Koste: Toegang tot die gesprekke is gratis, maar om jou sitplek te verseker, moet jy steeds deur Webtickets bespreek.