Die South African Literary Awards (SALA), georganiseer deur The wRite Associates, het baie skrywers vereer sedert hulle in 2005 gestig is. Hierdie jaar, met die 19de SALA-toekennings, het sewe van ons skrywers die langlys gehaal:
- Anzil Kulsen, deelnemer aan die PEN dit neer-residensie in 2024
- Naomi Meyer, deelnemer aan die PEN dit neer-residensie in 2022
- Crystal-Donna Roberts, deelnemer aan die Bosberg Boekskryf-residensie in 2021
- Sihle Qwabe, deelnemer aan die Bosberg Boeksryf-residensie in 2021
- Tebello Mzamo, deelnemer aan die PEN dit neer-residensie in 2021
- Deidré Jantjies, deelnemer aan die Bosberg Boekskryf-residensie in 2020
- Dianne Du Toit Albertze, deelnemer aan die NATi Jong Sterre-residensie in 2019
Naomi Meyer, Anzil Kulsen, Deidré Jantjies en Crystal-Donna Roberts is almal finaliste in die kategorie vir kinderliteratuur in Afrikaans, Tebello Mzamo is ’n finalis in die kategorie vir die ‘First-time Published Author Award’, terwyl Dianne Du Toit Albertze saam met Sihle Qwabe ’n finalis is in die kategorie vir die K. Sello Duiker-gedenktoekenning (K. Sello Duiker Memorial Award).
Seeperde deur Naomi Meyer

As mens die eerste keer vir Billy sien, sal jy dink hy’s net ’n perd. ’n Bruin perd met ’n wit vlek tussen die oë. Maar Stella weet van beter. Wanneer sy op Billy se rug klim en deur die woud galop, is alles net perfek! Sy kan nie wag om ná skool saam met haar maat Mira by die pragtige perdeplaas langs die see te gaan ry en nuwe toertjies te leer nie.
Maar tannie Lara, die eienaar van die perdeplaas, het ’n geheim … ’n geheim wat die einde van die kinders se perdrylesse kan beteken. Wanneer Stella uitvind wat dit is, moet sy baie vinnig ’n plan beraam om haar geliefde perdryskool te red. Kan die interessante nuwe musiekjuffrou by die skool dalk help? Hoekom voel dit asof die nare Runette alles probeer bederf? Gelukkig het Stella en Mira ’n plan, ’n plan wat almal op die dorp se asem sal wegslaan.
Karatekas deur Anzil Kulsen
’n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen! Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na ’n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en … maak hulle kennis met ’n draak! Hierdie aksiebelaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!

Speurder Sammi deur Crystal-Donna Roberts

Sammi, 13, lives with her aunt after both her parents died. They visit Oumie and Dedda in the Northern Cape for the holidays. She’ll miss her friends April and Lerato, but the change of scene might be just what she needs. She must take her mind off Richfire Academy, the arts school she dreams of attending. But this small town is full of chancers . . . Will she be able to help Dedda and Oumie escape the slimy guy, George?
The Resurrection deur Sihle Qwabe
Victor Zulu moet die familiebesigheid oorneem – TheZulu Club waar sy pa en broer albei vermoor is. Is hy volgende? Hy sal op sy hoede moet wees vir gangsters wat die nagklub wil hê om dwelms daar te verkoop.
Intussen wil sy broer se beste vriend, Fana, die Zulus uitkoop – met geld wat hy waar kry?
En dan is daar Busie, sy broer se weduwee op wie Victor heimlik verlief is, maar selfs sy blyk geheime te hê . . .
The Resurrection is ’n verhaal vol misterie, gevaar, spanning en durf.

I Did Not Die deur Tebello Mzamo

Botho Pere kry ’n werksgeleentheid as ’n mynwerker in Suid-Afrika en moet sy vrou, Nthatisi, en hul twee kinders in Lesotho agterlaat. Daar is geheime wat dreig om die brose drade wat hul familie verbind vir altyd te verbreek. En al is Botho se swaarkry deels te wyte aan sy eie toedoen, is daar gerugte oor toorkuns.
I Did Not Die is ’n storie oor die realiteite van ’n mynwerker en sy familie.
Stories in die wind deur Deidré Jantjies
Tien verhale wat die minder bekende stories van die mense van die Richtersveld, Namakwaland en Kalahari vertel. Die karakters is diere, mense, die son, maan en sterre. Skilpad en Volstruis sê mekaar die stryd aan. Sal Jakkals en Leeu kan saamwerk om te jag? Die mense van Hoerikwaggo trek //Hui !Gaeb toe. Daar is die Gariep se watergees in die vorm van ‘n vrou. Pragtig vertel om lesers se verbeelding aan te wakker.

bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze

Dora en Whashiela patsy graag op lit aande in die holte van Hoerikwaggo se skaduwee. Die girls is nie op hul bek geval nie. Maar albei weet ook die veilige hawe van sisterhood kan hulle nie beskerm teen die geweld wat snags op donker sypaadjies sluimer nie. Een oggend op Bellville-stasie gebeur iets wat hul lewe onherroeplik verander.
Dianne Du Toit Albertze se debuutroman, bottelnek breek bek, is ’n aangrypende ondersoek na identiteit, na huis en behoort. Opreg, vlymskerp én hartverskeurend.
Die wenners sal op 7 November 2024 aangekondig word.
Sterkte aan al ons skrywers!