A place where stories unfold

ATKV/LitNet Skrywersalbum: Jakes Gerwel (1946–2012)

  • Franklin Sonn: “Toe Jakes 60 word, het hy aan my gesê hy gaan nou sy lewe terugneem en in ’n kleiner kring uitleef. Hy wou meer by Phoebe, Heinrich en sy kleinkind Gerard wees en sy tyd verdeel tussen die stad en die Karoo van sy geliefde land. Hy wou wonder en dink oor sy geloof, sy taal, die verdruktes en sy medemens. Natuurlik altyd op die insluitende en intrekkende manier wat sy styl was.

“Hoewel Jakes Gerwel bedrewe in Engels was, was hy essensieel Afrikaans. Die taal wat hy by moedersknie geleer het. Sy egtheid as mens het hy in sy moedertaal, Afrikaans, uitgedruk. Dit was die taal van sy omgang, maar ook van intellektuele diskoers en sy professie. Sy belewenis van sy taal was sonder bymotiewe of strydlustigheid. Dit was veel eerder die medium van sy menslikheid; die instrument waardeur hy die maklikste sy drang na geregtigheid teenoor almal verwoord het.

“Hierdie is ’n erfenis wat waardig is om te behou, ’n erfenis wat ons kinders moet volg en inspireer. Nie net dit nie – bowenal moet dit uitgeleef word.

“’n Diep mens het ons ontval. ’n Man wat sy bepaalde tydvak grondig beïnvloed het. Wat vir diegene wat oorbly stilweg die opdrag van sy erfenis gee wat ons elkeen moet voel soos in die woorde van Van Wyk Louw: ‘Maak my die wig die koevoet wat U inslaat in die eeu om hom te breek …’” (Beeld, 28 November 2012)

  • Shaun Johnson (uitvoerende hoof van die Mandela Rhodes-stigting): “In the last 10 years of our friendship, which began long before, Jakes was my boss. But he was also especially my literary friend. He was the first to read a draft of my first novel. He also liked the fact that this Engelsman, me, had inherited from my own linguist father a deep love of the Afrikaans language. Whenever he thought we might be taking things, and ourselves, too seriously, he would send me an appropriate verse from the great canon of NP Van Wyk Louw. I will close with this quatrain from the collection Tristia:

Ons was so aan die gaan gewend
Dat ons gemeen het: gáán is goed.
Maar elke gáng word: sterf-orent
Die end is bitter. En dis end.

“Rest, rest dear Jakes: you earned it over and over in your time with us.”

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *