A place where stories unfold

Fiëstas 2025-benoemings: Mikayla Joy Brown se “Poppie in the Dunes”

Die Fiëstas-paneel het in 2024 sewe kunstefeeste – KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaat Kunstefees, Klein-Karoo Klassique, Momentum Beleggings Aardklop en Toyota Stellenbosch Woordfees – bygewoon om al die debuutproduksies te sien wat op die planke gebring is. Ná ’n breedvoerige stemproses wat deur ouditeure nagegaan is, is die benoemdes in die veertien kategorieë bepaal.

Mikayla Joy Brown, voormalige deelnemer aan die NATi Jong Sterre-residensie in 2023, se toneelstuk Poppie in the Dunes is vir drie Fiësta-toekennings genomineer:

  • Beste Aktrise: Crystal Donna Roberts in Poppie in the dunes (Suidoosterfees)
  • Beste Spel in ’n ondersteundende rol: Oscar Petersen in Poppie in the dunes (Suidoosterfees)
  • Beste Prestasie in ontwerp: Iman Isaacs vir Poppie in the dunes (Suidoosterfees)

Poppie in the dunes
geskryf deur Mikayla Joy Brown

’n Ongewone avontuur wat in ’n skeepswrak in die duine van Konkiesbaai afspeel. Poppie is vasbeslote om vir Kaptein met sy vervreemde dogter Phoebe te versoen, in die hoop dat sy siel vrede sal vind. Maar tussen bisarre fabels en verbeeldingryke eskapades deur is dit Poppie wat uiteindelik heling vind.

Met: Crystal Donna Roberts, Oscar Petersen en Julia Marone
Regie: Iman Isaacs
Taal: Afr/Eng


Vanjaar se Fiëstas-toekenningsgeleentheid vind op 27 Februarie by die Kirstenbosch Nasionale Botaniese Tuin in Kaapstad plaas. Die geleentheid is slegs vir benoemdes en ander rolspelers en word nie regstreeks uitgesaai nie. Daar sal wel insetsels vir verskeie kykNET-programme verfilm word.

Baie geluk, Mikayla, met al die nominasies vir jou toneelstuk! Ons is opgewonde om te sien wat jy volgende na die verhoog gaan bring.

Aansoeke vir vanjaar se NATi Jong Sterre-residensie is nog oop tot 30 Mei 2025. Suksesvolle kandidate sal van 8 tot 28 September 2025 tyd by Paulet Huis in die Oos-Kaap deurbring. Klik hier om aansoek te doen.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *