A place where stories unfold

LitNet: ’n Afrikaans-onderwyser van die Kaapse Vlakte deel sy ervarings oor die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en Afrikaans-kurrikulum

Faeed Amardien, voormalige deelnemer aan die Bosberg-boekskryf-program in 2023, skryf vir LitNet oor sy ervaring met die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel en Afrikaans-kurrikulum as ’n Afrikaans-onderwyser van die Kaapse Vlakte.

“Binne ’n komplekse onderwysstelsel wat broodnodig verandering verg, blyk dit dat geen iemand antwoorde of oplossings kan bring om die disfunksionering binne die onderwysparadigma aan te spreek nie. Daar word talle gesprekke gevoer tussen onderwysers wat daagliks met hierdie uitdagings gekonfronteer word, maar dis egter waar dit bly. ’n Oorweldigende stagnante benadering van die hoër gesag (onderwysdepartement) wat werklik wil glo dat die huidige stand van sake binne die realm van opvoedkunde alright is. Die kondisie binne Suid-Afrikaanse skole versinnebeeld egter ’n paradoks.”

“Is dit dalk hier waar onderwysers, unies en ander belanghebbendes tog moet argumenteer dat die oorhoofse figuur in die onderwysstelsel (minister) ten minste ’n graad in opvoedkunde behou, of ’n paar jaar van onderwysondervinding onder die knie het? Om ten minste konteks en agtergrond te begryp van wat in skole gebeur. Dis ’n relevante vraag wat as uitgangspunt dien vir die krisis waarmee ons worstel in die onderwys.”

Lees die volle artikel hier.


Die Bosberg-boekskryfprogram, waarvan die naam verwys na die pragtige berg reg langs Paulet Huis, word aangebied in vennootskap met verskeie vooraanstaande Suid-Afrikaanse uitgewers. Ons bied ondersteuning aan opkomende skrywers van romans of nie-fiksieboeke (byvoorbeeld memoirs).

Angela Briggs en Suzette Myburgh is bekwame en ervare boekeredakteurs wat die pad stap met die opkomende skrywers vanaf manuskripontwikkeling tot moontlike publikasie.

Die skrywers en mentors werk gedurende kwartaallikse werksessies saam in Paulet Huis aan die onderskeie manuskripte. Die skrywers werk dan op eie stoom tussen werkswinkels en inkorporeer die mentors se terugvoer. Na afloop van die jaarprogram help ons die skrywers om hulle manuskripte voor te lê aan die onderskeie uitgewers.

Alhoewel daar geen sluitingsdatum is vir aansoeke nie, word die finale keuse teen November van die voorafgaande jaar gemaak.

Klik hier vir inligting oor 2025 se deelnemers. Doen aansoek vir volgende jaar se program hier.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *