A place where stories unfold

LitNet-rubriek: “Notas ter herinnering aan Jakes Gerwel, die Karooseun van die plaas Malvern”

Jakes Gerwel is vanjaar al 12 jaar oorlede. Hy het op 28 November 2012 ná ’n hartomleidingsoperasie in die Netcare Kuilsrivier Hospitaal in Kaapstad gesterf. In ’n rubriek op LitNet skryf Jason Lloyd oor Gerwel se lewe, standpunte, skryfwerk en die mense wat hom geïnspireer en uitgedaag het.

Gerwel het na homself as grondig “Westers” gevorm as intellektueel verwys. “Dit is Antjie Krog wat my elke keer as ek haar lees uitdaag om die beperktheid van daardie vorming te erken en te takel. Min ander Afrikaanssprekende denkers worstel so diep en aanhoudend met Afrika en die morele en intellektuele uitdagings van ons kontinent en land,” het hy 20 jaar gelede in Rapport geskryf.

Jason Lloyd

Volgens Lloyd was een van Gerwel se standpunte dat ’n mens ’n “veelvuldige identifikasie” moet aanneem eerder as om in ’n “statiese identiteit” vasgevang te wees, en dat jy moet aanhou om ruimte in jou denke te maak.

“Etniese veralgemenings van ‘ons en hulle’ was vir hom onaanvaarbaar”, skryf Lloyd. Dit was vir Jakes Gerwel veral belangrik dat Afrikaans nie aan enige ras moes “behoort” het nie en dat mense vanuit alle rasse hulself in die hoofstroom Afrikaanstalige media moet kan herken of hoor. Jason Lloyd beweer egter in sy rubriek dié droom is nie voor Gerwel se dood verwesenlik nie:

In die Afrikaanse leefwêreld is sy pleidooi vir nierassigheid in Afrikaans deur toenemend ’n nuwe Afrikaanse denkwêreld te bepleit, veral deur Naspers (waarvan hy ’n direksielid was) en Media24 (waarvan hy die direksievoorsitter was) nooit regtig na waarde geskat nie.

Soseer dat hy in 2010 geskryf het dat “bruin mense hulle oor die algemeen nie in die hoofstroom Afrikaanstalige media herken of hoor nie”. Volgens sekere bruin intellektuele, meningsvormers, skrywers en joernaliste is dié situasie waaroor Gerwel gekla het, nog dieselfde.

Jason Lloyd

Lees Jason Lloyd se hele rubriek op LitNet:

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *