Paulet Huis-skrywers benoem vir Netwerk24 kykNET Rapport-boekpryse

Die grootste boekpryse in Afrikaans, die Netwerk24 kykNET Rapport-boekprys, se kortlys is aangekondig en sluit van vanjaar af ook ’n poësieprys ter nagedagtenis aan Breyten Breytenbach in. Die boekpryse gee erkenning aan skrywers wat gehalteskryfwerk in hulle moedertaal lewer, en die alghele prysgeld vir die vyf boekpryse en twee resensiepryse beloop R1,4 miljoen.

Paulet Huis-skrywers, Gaireyah Fredericks, Lynthia Julius, Danie Marais en Nathan Trantaal is onder andere benoem vir verskeie pryse.

Gaireyah Fredericks, wie deel was van die PEN dit Neer-skrywersprogram in 2023, is benoem vir beide die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- en tweede prosawerke en die Netwerk24 kykNET Rapport-boekprys vir fiksie vir haar kortverhaalbundel, Een voet innie kabr (uitgegee deur Kwela).

Lynthia Julius

Lynthia Julius, wie deel was van die PEN dit Neer-skrywersprogram in 2019, is benoem vir die Breyten Breytenbach-prys vir digkuns vir haar jongste digbundel, Kinderlê (uitgegee deur Quillerie).

Danie Marais, wie deel was van die Brussel tot Karoo-skrywersprogram in 2023, is ook benoem vir die Breyten Breytenbach-prys vir digkuns vir sy digbundel, Ek en jy bestaan nie (uitgegee deur Tafelberg).

Nathan Trantaal, wie ook deel was van die PEN dit Neer-skrywersprogram in 2019, is ook benoem vir die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- en tweede prosawerke vir sy grafiese roman, Die man wattie kinnes vang (uitgegee deur Kwela). Die boek is ook op Rapport se lys van 100 Beste Afrikaanse boeke.

Foto: Rapport.

Die Jakes Gerwel Stigting wil hierdie skrywers wat al hulle penne in Paulet Huis opgetel het hartlik gelukwens met hul benoeming vir die indrukwekkende kortlys.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *