Die Stellenbosch Toyota Woordfees vereer jaarliks met die Woordtrofees kunstenaars wat uitnemend presteer het tydens daardie jaar se fees. Die benoemings vir vanjaar se Woordtrofees-toekennings is op 16 Oktober 2024 bekend gemaak en ons is verheug dat Miché Colleen van Wyk vir Beste opkomende kunstenaar vir toneel genomineer is.
Miché Colleen van Wyk is ’n voormalige deelnemer aan die NATi Jong Sterre-residensie. Haar toneelstuk, Suurdeeg, is tydens vanjaar se Woordfees opgevoer.
Suurdeeg
geskryf deur Miché Colleen van Wyk
In die konserwatiewe omgewing van Namakwaland probeer twee amper-skoonsusters uitpluis wat hulle doel as vroue in die lewe is. Anna, wat reeds tien jaar met Ouboet Gert getroud is, raak verlief op haar swaer se meisie, Emma, wat vir die eerste keer sonder Klein-Johnietjie op die plaas Besondersmeid is. ’n Romantiese drama waarin die karakters voor eensaamheid en ’n begeerte na liefde en betekenisvolle verhoudings te staan kom.
Met René Cloete, Jodine Ockers
Vervaardiger Miché van Wyk
Regisseur en stelontwerp Sandra Temmingh
Verhoogbestuur en tegniese versorging Justin Sieberhagen
Moontlik gemaak deur die Jakes Gerwel Stigting, NATi, Suidoosterfees en Toyota Stellenbosch Woordfees
Baie geluk, Miché! Ons is opgewonde om te sien hoe jou loopbaan aanhou groei!
Klik hier om te lees oor Miché se tyd by Paulet House tydens die NATi Jong Sterre-residensie in 2023.
Klik hier om die volledige lys van nominasies vir die Woordtrofees vir 2024 te sien.