A place where stories unfold

‘Die Burger’: Miché van Wyk, ’n Nama-kind met ’n roeping om mense se stories lewend te hou

Miché van Wyk, voormalige deelnemer aan die NATi Jong Sterre-residensie, is op 28 Oktober tydens ’n toekenningsgeleentheid by die Nooitgedacht-wynlandgoed vereer met ’n Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaar. ‘‘Die benoeming alleen was vir my genoeg erkenning, maar om die prys te wen was ’n groot eer,’’ sê Van Wyk.

Miché van Wyk, wat op 28 Oktober 2024 die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaar ontvang het (Foto: Instagram)

’n Week later, op 4 November 2024, verskyn ’n artikel oor Miché van Wyk in Die Burger wat lesers ’n bietjie meer van hierdie besonderse Nama-kind vertel. In die artikel lees lesers hoe Van Wyk se werk daarop gemik is om haar Namakwalandse kultuur, tradisies, idiome en manier van praat te bewaar. ‘‘Steinkopf en sy mense het my gehelp om te verstaan wie ek is en hoe belangrik dit is om jou oorsprong in jou hart te dra,’’ sê Van Wyk.

Die artikel brei ook verder uit oor Van Wyk se loopbaangeskiedenis en motivering agter haar werk as akteur, dramaturg, digter en sanger.

Vir Van Wyk gaan haar werk oor meer as net storievertelling. Sy wil temas verken wat gehore raak en hulle laat dink oor hul eie plek in die samelewing.

Sebastian Paulus (Die Burger)

Lees die artikel in Die Burger of op Netwerk24.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *