Die Eugène Maraisprys vir prosa: Baie geluk Gaireyah Fredericks

Die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns het op 25 April 2025 die wenners van die Akademiepryse vir 2025 aangekondig.

Daar is vier literêre toekennings wat deel vorm van die SA Akademiepryse:

  • Hertzogprys
  • Alba Bouwerprys vir kinderliteratuur
  • Scheepersprys vir jeugliteratuur
  • Eugène Maraisprys vir prosa

Gaireyah Fredericks, deelnemer aan die PEN dit neer program in 2023, ontvang die Eugène Maraisprys vir prosa vir haar eerste kortverhaalbundel, Een voet innie kabr.

Die Eugène Maraisprys word toegeken vir ’n skrywer se eerste of tweede bellettristiese werk in Afrikaans. Sedert 2023 word die prys jaarliks om die beurt toegeken vir prosa die een jaar en vir poësie of drama die volgende jaar.


Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks

Een voet innie kabr is ’n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Jy hoor die klanke van dié gemeenskap, musky en soet soes ryke yt die Jannat. Gaireyah Fredericks se debuutbundel kry dit reg om gemarginaliseerde karakters en vertellers op die voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample lappe, maatband en pen. Die pyn van ’n vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Marielda. En dan is daar is oek Ghoemeira wat tradisionele waardes met moderniteit moet versoen.

Gaireyah Fredericks se bundel verryk die Afrikaanse letterkunde se skatkis.


Baie geluk Gaireyah Fredericks met hierdie mylpaal in jou skryfloopbaan.

Klik hier om die lys wenners van die Akademiepryse vir 2025 te sien:

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *