LitNet, die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot se Kommadagga-slypskool het vandeesweek in Somerset-Oos begin. Rachelle Greeff en Niq Mhlongo is die mentors wat vanjaar kandidate se vaardighede in die kuns van tydskrifverhaalskryf gaan verfyn.
Danie Kriek is gebore op ’n plaas naby Harrismith wat eens aan sir James Percy Fitzpatrick, skrywer van Jock of the Bushveld, behoort het. Hy het aan Hoërskool Sentraal in Bloemfontein gematrikuleer en later ’n diploma in filmproduksie en uitsaaiwese verwerf. Nadat Danie ’n graad in Engels behaal het, het hy vir ’n tyd lank in China skoolgehou. Intussen het hy ’n passie vir die gesondheid- en fiksheidsbedryf ontwikkel, en deesdae leer hy mense om goeie gesondheidskeuses te maak. Tydens sy studie aan die filmskool het Danie ’n klompie kort draaiboeke geskryf, maar hy hoop om tydens die Kommadagga-slypskool sy vaardighede in die skryf van tydskrifverhale te laat gedy.

2 thoughts on “Kommadagga 2022”
Ek is dankbaar vir Kommadagga Inisiatiewe. Ek sal Skrywers en Boeke wat ons help met Skryfwerk , Publikasie asook Bemarking en Verspreiding aanbeveel om met Kommadagga n verhouding bou vir samewerking.
Dankie. Kontak LitNet asseblief. Hulle hanteer die publikasie en verspreiding van alle Kommadagga stories. PHS.