A place where stories unfold

Wenner van die UJ-Debuutprys vir Afrikaans 2025: Baie geluk Gaireyah Fredericks

Die UJ-pryse word toegeken aan uitnemende tekste in enige genre wat oorspronklik in Afrikaans geskryf is en in die vorige kalenderjaar verskyn het. Die pryse is vir die eerste keer in 2001 toegeken, toe dit as die RAU-Mardene Marais-pryse bekend gestaan het. Sedert 2005, by die stigting van die Universiteit van Johannesburg, staan die pryse bekend as die UJ-pryse vir Afrikaans.

Gaireyah Fredericks, deelnemer aan die PEN dit neer program in 2023, het die UJ Debuutprys vir Afrikaans vir haar eerste kortverhaalbundel, Een voet innie kabr, gewen. Fredricks het aan haar kortverhaalbundel gewerk tydens haar tyd by Paulet Huis. Sy het ook onlangs die Eugène Marais-prys vir prosa met dieselfde bundel kortverhale gewen.


Een voet innie kabr deur Gaireyah Fredericks

Een voet innie kabr is ’n Afrikaapse kortverhaalbundel, polsend met Kaaps-Maleise invloede. Jy hoor die klanke van dié gemeenskap, musky en soet soes ryke yt die Jannat. Gaireyah Fredericks se debuutbundel kry dit reg om gemarginaliseerde karakters en vertellers op die voorgrond te plaas. Die tailor-dokter met sy briefcase vol sample lappe, maatband en pen. Die pyn van ’n vrou wat haar pasgebore tweeling moet begrawe. Ennie stryd vannie pligsgetroue, prim en proper Marielda. En dan is daar is oek Ghoemeira wat tradisionele waardes met moderniteit moet versoen.

Gaireyah Fredericks se bundel verryk die Afrikaanse letterkunde se skatkis.


Baie geluk Gaireyah Fredericks! Mag jou kortverhaalbundel die begin van vele ander wees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *