MARCEL: Ek gaan nou aan oor taal en woorde, maar twee treffende gedeeltes in die roman fokus juis op stilte: as Daantjie vertel hoe hy en Grootpa-goed en Grootma-goed in stilte eet, en alles anders wat in stilte gebeur (“Verskoon onsself in stilte… Grootma snork in stilte terwyl sy slaap. Ek houvas haar pêrels teen my bors en bid in stilte.” – bl. 49) Hy bid dat alles eendag sal raas. Totdat Dora later terug is by die huis in Carolusberg en daardie hartroerende woordelose toneel tussen haar en Ma-goed plaasvind:
“My hand vat sy in hare. Sy beginte vryf liggies oorie fyn haartjies daarop. Vinnig trek ek my hand weg. Woordeloos skel ek haar. Ek issie meer Daantjie nie.”
“Ek weet, sê haar oop palm.” (bl. 226)
Soms sê stiltes in die geselskap van liefde en aanvaarding soveel meer as woorde, of hoe?
DIANNE: Ook met Dora se ouers wat haar beskuldig van hulle ghost. Stilte of die afwesigheid van Gayle xhorro/praat is dubbelsinnigheid, want dis moeilik en maklik. Netso is stilte soms die mooiste musiek. Is peaceful. Is swanger met moontlikheid. In daai stilte vind ek my woorde. In die laaste stadium vannie inhoud se klaarskryf het ek baie staatgemaak op swyg en stilword. Ook innie koppies gaan stap, beplanning eers in my kop voor dit op papier eindig. So maybe het die karakters, veral Boeta, Ma-goed en Whashiela innie stilte waarlik vlees geword.
https://klyntji.com/joernaal/2022/9/25/dianne-du-toit-albertze-bottelnek-breek-bek