A place where stories unfold

Chase Rhys se artikel oor sy tyd by Columbia Universiteit: ‘Kaaps, wings & Ivy League things’

Chase Rhys, deelnemer aan die Brussel tot Karoo-residensie in 2019 en die NYC Fellowship, se artikel oor sy tyd by Columbia Universiteit het op Sondag 27 Oktober 2024 in Rapport verskyn. Die artikel, ‘Kaaps, wings & Ivy League things’, is die tweede van ’n reeks van vyf artikels in samewerking met PEN Afrikaans oor die narratief van verset.

Foto: Trudy van Rooy

Vroeër vanjaar is Chase Rhys Columbia Universiteit toe genooi om sy meestersklas: “Narrative resistance: Writing authentic stories of resilience and identity in diverse communities” vir hulle meestersstudente aan te bied.

Ek sê al nou vi jare dat alhoewel my wêk baie spesifiek is – ek skryf in Kaaps, oo Kaapse mense, vir Kaapse mense – my wêk nog once “universal” is. Ek’t my Kaapse content New York toe geniem om te sien as my theory van universality waar is.

Chase Rhys

In sy artikel skryf Chase Rhys oor die gesprekke wat hy met sy studente het, wat hulle skryf, hoe sy Suid-Afrikaanse ervarings soortgelyk is aan mense in sy klas en hoe ons almal op skool vir die eerste keer leer van verskillende kulture. Chase Rhys brei ook uit oor die rede waarom hy in Kaaps skryf en nie in Engels of Standaardafrikaans nie.

Ek sê vi my studente dat it dai vyf jaa oud kin is wat nou as volwassene ytkô en speel wanne ek in Kaaps skryf. Is vir dai vyf jaa oud version van myself wat ek nou soe Kaaps orals insert in plekke wat ittie “behoort” ie: innie klaskamer, innie literary canon, oppie vehoog, oppie TV, selfs innie Ivy League.

Chase Rhys

Klik hier om Chase Rhys se hele artikel te lees.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *