A place where stories unfold

Die Chris Barnard-kortverhaalpryswenners aangekondig: Baie geluk aan Curtley Pitt

Die Chris Barnard-kortverhaalprys, vernoem na die Hertzogprys-bekroonde skrywer, is vanjaar weer aanbied nadat dit vir twee jaar nie toegeken is nie. Nagenoeg 100 inskrywings met uiteenlopende temas van oor die hele land is ontvang, waarvan 40 tot die langlys deurgedring het. Van die 40 inskrywings het slegs agt tot die finale rondte deurgedring.

Die kortverhaalwenners is op 20 November 2024 aangekondig. Curtley Pitt, deelnemer aan die NATi Jong Sterre-program in 2022, het met die derde prys weggestap vir sy kortverhaal “Die legendariese rugbybal”.

Curtley Pitt het sy opleiding as akteur by CityVarsity in Kaapstad ontvang. Hy het in verskeie teaterproduksies gespeel en TV-rolle vertolk in reekse soos Arendsvlei en Discovery se misdaadreeks Investigation. Hy werk as stemkunstenaar vir oorklankingsproduksies en tree gereeld as seremoniemeester by korporatiewe geleenthede op. Curtley is ook opgelei in fisieke teater en choreografie, en hy is ’n dramaturg wat in Afrikaans skryf. Tydens die NATi Jong Sterre-program in 2022 het hy gewerk aan sy toneelstuk Mooiplaas, wat in 2023 by die Suidoosterfees opgevoer is.

Die agt verhale wat die kortlys gehaal het, word opgeneem in ’n bundel met die titel Boere deur Thabazimbi en ander verhale wat vroeg in 2025 sal verskyn.

Baie geluk, Curtley! Mag ons in die toekoms nog baie van jou stories lees!

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *