Ons Klyntji is die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif, gestig in die jaar 1896. Dit herleef as ’n zine in die 1990’s en die gedrukte Ons Klyntji literêre zine verskyn steeds elke jaar. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe kuns en kultuur.
Vanjaar se zine het 113 verskillende bydraes van gedigte, kortverhale, foto’s, sketse en ander kuns. Dit sluit bydraes in van ons eie Tiaan la Grange, deelnemer aan vanjaar se Kommadagga-slypskool, Danie Marais, deelnemer aan die Brussel tot Karoo-residensie in 2023, Zubayr Charles, deelnemer aan die Kommadagga-slypskool in 2020 en Toroga (Denver Breda), deelnemer aan die Brussel tot Karoo-residensie in 2019.
Baie geluk aan Tiaan la Grange, Danie Marais, Zubayr Charles en Toroga!
Die zine kan aanlyn deur Clarke’s Bookshop bestel word. Eksemplare sal ook te koop wees by die bekendstellings hier onder:
Eerste bekendstelling
- Datum: Donderdag, 31 Oktober 2024, 17:30 vir 18:00
- Venue: Love Books, Melville
- Adres: 53 Rustenburg Road, Melville
- RSVP: kate@lovebooks.co.za
- Met voorlesings deur: Toast Coetzer (host), Tom Dreyer, Jo Prins, André Kluyts, Kwenu Omtima, Louis Roux, ST Blue, Anchen Badenhorst en Lesedi Madia
Tweede bekendstelling
- Datum: Vrydag, 1 November 2024, 18:30
- Venue: Slice of Life, Pretoria
- Adres: 658 Frederikastraat, Gezina, Pretoria
- Met voorlesings deur: Toast Coetzer (host), Tom Dreyer, Kleinboer, Stefaans Coetzee, MP Fourie-Viljoen, Ena de Kock, André Kluyts, Retha van Deventer, Jacques Boshoff, Wentzel Lombard en Cobus Kruger
Derde bekendstelling
- Datum: Saterdag, 2 November 2024, 19:15
- Venue: Verdant-koffiewinkel, Klerksdorp-boekfees
- Adres: 99B Ian Street, Wilkoppies, Klerksdorp
- Met voorlesings deur: Toast Coetzer (host), Tom Dreyer, Stefaans Coetzee, Alwyn Roux en Anchen Badenhorst
Ons Klyntji se zine word ook later vanjaar op 4 Desember 2024 in Kaapstad by The Book Lounge bekendgestel. Verdere besonderhede sal bekend gemaak word.
Stuur ’n e-pos na zine@klyntji.com met enige navrae.