“Volgens die Trantraal-broers is dit vir hulle belangrik om die geleefde ervaringe en werklikhede van arm mense op ‘n akkurate wyse op te skryf. In sy boek Wit issie ‘n colour nie (2018) noem Nathan “as arm mense doodgaan los hulle niks agte nie, niks trace dat hulle exist et ie”. Met hulle spotprente druis die Trantraal-broers teen hierdie aanvaarde norm en verwoord die werklikhede en familiedinamiek van arm mense, soos gesien in The Richenbaums en Coloureds. André wys tereg daarop dat arm mense gewoonlik op ‘n eendimensionele wyse en gevul met stereotipes, uitgebeeld word. As gevolg van hul bekendheid met die omstandighede van hul karakters, systap die Trantraal-broers die gewone indringende poverty porn gaze en omvat die komplekse aktualiteit van hierdie groep mense se bestaan in die taalvariëteit waarin dit geleef word.” Klyntji.com
https://klyntji.com/joernaal/2018/9/16/andre-nathan-trantraal