A place where stories unfold

Die Korf: Geleenthede vir Suid-Afrikaanse skrywers

Die Jakes Gerwel Stigting stel graag hul nuwe webruimte, Die korf, bekend. Hierdie ruimte dien as ’n bymekaarkomplek vir ons skrywers, sowel as ’n sentrale platform om inligting oor plaaslike en internasionale geleenthede vir Suid-Afrikaanse skrywers te bekom.

As jy op soek is na gretige werkbye (oftewel talentvolle skrywers) om deel te neem aan ’n nuwe projek of by ’n geleentheid op te tree, is dit die regte plek om te kyk. Jy kan al ons skrywers in die sentrale fotogalery sien en van daar af hul biografiese inligting en kontakbesonderhede kry.

Vir diegene wat op soek is na stuifmeel, is al die skrywersgeleenthede volgens hul sperdatums gelys. Dit is ook verdeel in die volgende onderafdelings: kompetisies; beurse en toelae; navorsingsgeleenthede; literêre toekennings; publikasies; skrywersverblyf; en werkswinkels en seminare.

Die korf kan by die volgende skakel besoek word: https://jgf.org.za/hive/.

Die korf is nog klein, maar sal uiteindelik ’n hele kolonie bye en die hulpbronne vir skryfsukses huisves. Indien daar enige inligting oor geleenthede is wat jy graag wil hê ons moet plaas, stuur dit asseblief vir die koninginby by info@jgf.org.za.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

2 thoughts on “Die Korf: Geleenthede vir Suid-Afrikaanse skrywers”