A place where stories unfold

Jakes Gerwel-gesprekke – In my wildste drome – 27 April 2023 /10h00

Aangebied deur die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV

Die Jakes Gerwel-gesprekreeks word ondersteun deur NB-Uitgewers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Bookstorm, die Afrikaanse Taalraad en die Vriende van Afrikaans.

Alle gesprekke is gratis, maar bespreek jou sitplek by Theo Kemp: theo@jgf.org.za. Boeke van die betrokke skrywers sal deur Wordsworth by die venue verkoop word.

Eerste Dag : 27 April 2023 (Vryheidsdag)

In my wildste drome

Aangebied deur Vriende van Afrikaans

Met René Arendse, Lyntjie Jaars, Julian Jansen en Nadine Petrick

Taal: Afr

Venue: ATKV-Innovasiespasie

Datum en tyd: 27 April 10:00

Tydsduur: 60 min

Prys: Gratis, bespreek by theo@jgf.org.za

Verskeie bekendes gesels oor die paaie wat hulle moes stap om uit te kom by hulle droomwerke, of wat hulle in hul wildste drome gedink het nie moontlik is nie. In die gees van Vryheidsdag gesels hulle ook oor hoe vry Afrikaans werklik is. Is die bagasie van die verlede afgeskud? Kan hulle skryf en praat soos hulle gebek is?

Julian Jansen het 18 jaar skoolgehou (Aardrykskunde en Geskiedenis). Gedurende sy laaste jaar in 2005 was hy departementshoof: sosiale wetenskap aan HS Rusthof in die Strand.Hy het heel toevallig in die joernalistiek beland – nadat hy in die VGK-gemeente Strand ‘n kerkkoerantjie, Strandkorrels, in 2004 begin het. Een bydrae, “Die geheimenisse van Kersfees is ‘n lewenslange ervaring”, het hy in 2004 na Kaap-Rapport gestuur, wat dit toe gepubliseer het. Rapport het hom toe gevra om maandeliks vir hulle rubriek te skryf. In September 2005 het Rapport hom gevra om vir hulle te kom werk. Hy werk steeds by hierdie koerant en skryf ook, in opdrag van ‘n uitgewer, ‘n boek oor die bylmoord in Stellenbosch. Seuns sonder pa’s het ook onlangs uit sy pen verskyn.. LitNet Profiel
Nadine Petrick is ’n kinder- en jeugboekbemarker by LAPA en Penguin Random House, maar voor dit was sy ’n navorser by Pieter Cilliers Produksies (wat Kwêla vervaardig het); ’n bemarkingsbestuurder by twee van die Wes-Kaap se topskole; ’n dosent; ’n permanente werknemer by LitNet; en ’n perpetuele student met grade in die reg, uitgewerswese en sielkunde. Sy staan egter al vir nagenoeg 30 jaar met haar een voet in die vryskutskryfwêreld en benewens honderde artikels in verskeie publikasies, is van haar kortverhale ook in ’n paar bundels opgeneem. Sy is in 2020 genomineer vir die kykNET/Rapportprys vir beste Afrikaanse resensent, ’n groot eer wat haar te beurt geval het bloot, glo sy, omdat sy liewer is vir boeke as vir meeste ander dinge op aarde. LitNet Profiel

The Jakes Gerwel Discussions are supported by NB Publishers, Jonathan Ball, Penguin Random House SA, Bookstorm, the Afrikaans Language Council and Vriende van Afrikaans.

All events are free, but book your place with Theo Kemp: theo@jgf.org.za. Books of all the writers on the programme, will be sold by Wordsworth at the venue.

In my wildste drome

Presented by Vriende van Afrikaans

With René Arendse, Lyntjie Jaars, Julian Jansen and Nadine Petrick

Language: Afr

Venue: ATKV Innovation Lounge

Date and time: 27 April 10:00

Duration: 60 min

Price: Free, book at theo@jgf.org.za

Some well-known personalities share their journeys to their dream jobs – jobs some of them never thought possible in their wildest fantasies. In the spirit of Freedom Day, they also ponder about how free Afrikaans as a language really is. Are we rid of the baggage of the past? Can people say and write what they like?

Rene Arendse is a motivational coach, speaker and founder of the Her Own Business-Online School for female entrepreneurs and professionals. LitNet Profile
Lyntjie Jaars Onder Die Kokerboom, TV & Radio Presenter, Writer, Storyteller, MC. Traveller., Adventurer.  Free spirit.  Instagram Profile

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *