A place where stories unfold

Netwerk24: “Dit is hoe ’n mens liefde spel”

Daneel Jantjies, deelnemer aan die Kommadagga Slypskool in 2023, besin in ’n artikel op Netwerk24 oor wat liefde werklik is. Jantjies skryf oor hoe sy na jare se uitstel en afstel uiteindelik besluit het om ’n kinderhuis naby Robertson te gaan besoek.

Ek het die laaste paar jaar al gedreig dat ek na ’n kinderhuis toe wil gaan, maar ek was altyd bang vir daai vermisting wat ek sou voel as ek sou gaan. So, needless to say, ek was verskriklik bang.

Daneel Jantjies

Jantjies skryf verder hoe die ervaring en die liefde wat sy daar in die oë, glimlagte, arms en geselskampies van klein kindertjies ervaar het vir haar meer werd was as al die geld in die wêreld.

Ek het die geskenk van ’n leeftyd gekry om tyd te spend met die klein mensies wat niks het om te bied behalwe hulle tyd en attention nie, en al wat hulle vra in return is dat jy dieselfde vir hulle doen. 

So baie keer sien ’n mens liefde as fleeting, but in actuality is dit eintlik een van die enigste constants wat daar is.

Lees Daneel Jantjies se hele artikel op Netwerk24 om uit te vind wat sy nog oor die betekenis van liefde skryf.

Klik hier om die artikel op Netwerk24 te lees.

+ posts

Daneel Jantjies is ʼn gebore Swellendammer en beskryf haarself as ʼn “small town girl met groot drome”. Sy skryf hoofsaaklik gedigte en kort skryfstukke wat deur haar omgewing en sy mense geïnspireer word: “Klein dorpies dink ek, is enige skrywer se droom. Daar is altyd iets wat jy sien of hoor, en die semi-stilte van die platteland gee net soveel meer skryf-inspirasie.” Sy is baie geheg aan haar familie en hulle vorm ʼn groot deel van wie sy is. Ook die gedeelde liefde vir lees en skryf, vir letterkunde en taal, is iets wat haar van jongs af voed. Hoewel Daneel, die skrywer, en Daneel, die gewone mens, nie altyd ooreenstem nie, weerspieël haar skryfwerk dieselfde mensgerigtheid as wat sy in haar daaglikse omgang met mense toon: “Die lewe kom met snaakse draaie, so as my skryfkuns vir iemand kan help of ʼn inspirasie kan wees, dan slaag ek in my doel.”

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *