Heritage Travel 20 is nou beskikbaar teen R80.
Hier is die skakel vir uitgawe 20:
![](https://paulethousestories.jgf.org.za/wp-content/uploads/2023/03/heritage-traveltydskrif-20-1-1.webp)
Persverklaring: Heritage Travel tydskrif word bekendgestel by die Suidoosterfees
Die gasheer is Denver Vraagom & Resultate vir Ons dorp se Poësiewedstryd: 20 Digters gekies!
Die alombekende Heritage Travel tydskrif verjaar en word bekend gestel by die 20ste Suidoosterfees. ‘n Vol opwindinde program word verwag met die onthulling van die wenners van -Ons Dorp se poësiewedstryd digbundel, voorlesings uit die tydskrif en nog meer.
Ons Dorp se poësiewedstryd is ’n sukses met 20 dorpe van regoor die wêreld wat ingeskryf het. Heri-Trav is trots om aan te kondig dat 20 gedigte gekies is om in ‘n Spesiale poësie-uitgawe van Heritage Travel-tydskrif gepubliseer te word. Hierdie poësiekompetisie wat deel vorm van die Ontasbare kultuurerfenisfees het uitkomste oortref en bevorder ontasbare kulturele erfenis en toerisme van regoor die wêreld. Kroasië, Oostenryk, Pole, VSA, Italië en Indonesië is van die internasionale inskrywings, met Kaapstad wat ook ‘n gewilde keuse is vir Suid-Afrikaners en Haiku-digters. Hierdie gedigte wat Haikoe ook insluit, sal in ‘n spesiale uitgawe van Heritage Travel-tydskrif debuteer. Om mense van alle vlakke van die lewe en dorpe bymekaar te bring deur poësie en feeste- Ontasbare Kulturele Erfenis. Hierdie poësiekompetisie vorm deel van die Eerste Ontasbare kultuurerfenisfees vir Suid-Afrika.
Met hierdie inisiatief het elke burger van elke dorp in die wêreld die geleentheid en bemagtiging gekry om ‘n ambassadeur van hul dorp of enige dorp te wees.’n Opheffing van erfenis. Ons stel dorpe bekend aan mekaar en bou ‘n brug tussen tale, kulture, talente, woorde en erfenis, deel middel van literatuur wat gedigte is. Die uitkomste om mense te konnek en ekonomiese groei, toerisme groei, literatuur, kuns en kultuur, erfenis en menswaardigheid lewendig te hou, is suksesvol. Gedigte was deur gewerk en geslyp om dit publiseer-gereed te maak. Elke inskrywing het die geleentheid gekry om deur ‘n blits-werkswinkel te gaan. Die geleentheid om gepubliseer te word maak ‘n groot verskil in ‘n jong digter se lewe. En in hul dorp. Die gedigte was geasseseer deur ‘n assessor en digter, Hendry Kortjie en die stigters van die gedigkompetisie en Heritage Travel tydskrif Stef & Jamile De Koker. 50% van die inskrywings kom uit die buiteland.
Van die gedigte word gelees by die bekendstelling van die tydskrif met uittreksels van artikels, kortverhale en meer poësie deur spesiale gasdigter Churchil Naude by die Suidoosterfees in Artscape 1 Mei 2023 om 11:30. Vir meer inligting kontak heritrav1@gmail.com
Ons vra graag ondersteuning met ons digitale uitgawe.
Belangstellendes kan ons epos- heritrav1@gmail.com of WhatsApp- 0794311494
e-wallet, CashSend en direkte betaling is welkom.
Dankie