A place where stories unfold

Deel 10:  Kgotsafalang

Toe Davies Kgotsafalang sien met ‘n skeef-geswelde gesig, ruk hy van skrik, en wil dadelik alles weet. Hy is veral geïntereerd wat die mans verder gesê het. Maar Kgotsafalang kan nie sy mond oopmaak nie. Sy kakebeen is te seer. So bly hy die hele week in die sinkhokkie. Die werkers word gesê om die gereedskap net daar buitekant die hokkie te los. Hulle weet klaar wie’s daar  binne – dis die man wie nie kom werk nie.  Hulle loop praat daaroor, soos hulle weg loop. Kgotafalang kry streng instruksies om dit nie buite die hokkie te waag nie. Hy mag nie buite gesien word nie. Daardie dag eers, verduidelik Davies aan Kgotsafalang, dat dit teen die wet vir Kgotsafalang is, om daar by hom te bly! Daar is kampe en blokke blyplekke opgerig, waar swartmense moet bly. Hulle mag nie buite daardie plekke kom nie! Dit is waarskynlik, verduidelik Davies, die rede, waarom die mans so opgetree het. Hy, as swartman, is nie veronderstel om daar te wees, waar hy geloop het nie. Dis witmense se gebied. Hy oortree eintlik die wet daar waar hy nou lê. Dis maklik vir Kgotsafalang om dit te verstaan. Hy ken dit. Net hierdie man Davies was anders, van die begin af. Dis om hy van ‘n ander plek af kom. Daar kan mens seker net lê slaap waar jy wil! Sal lekker wees om daar te bly! Als wat hy wil doen, sê Davies vir hom, moet binne-in die hokkie gedoen word. Kgotsafalang verstaan alles goed, en lê aanvaar dit als maar so gelate. Op so ‘n seer manier leer Kgotsafalang presies waar in die w êreld hy eintlik is.

Dit vat ‘n volle week voor Kgotsafalang se kakebeen los genoeg is om te kan praat. Hy sal graag wraak wil neem, maar hy besluit amper onmiddellik daarteen – dit was net een hou, en sy kakebeen was af! Bly uit hulle pad uit, is sy laaste besluit.

Dis in hierdie tyd, in hul geselsies voor slaaptyd, in ‘n donker tent, dat Davies met Kgotsafalang dinge gesels wat snags in sy kop druis. Hierdie land, en alles wat daarin is, insluitende die diamant-myne, behoort na reg, aan die mense wat die land hier bewoon  – die bruin en swart mense!

Kgotsafalang is soos ‘n kind wat ‘n nuwe storie hoor: Van al die delwers wat op die delwerye is, is daar minder as ‘n handvol swart en bruin delwers wat hul eie kleims besit. Verder is dit net wit uitlanders – wit mense wat uit verskillende dele van die wêreld hiernatoe gekom het. En die bruin en swart delwers, volgens Davies, is onder gedurige druk, deur die wit delwers, om hul kleims op te gee! Die Engelse regering het reeds twee versoeke van wit delwers om net wit mense toe te laat om te delf, van die hand gewys. Die wit delwers het hulle nou na die Vrystaatse Republiek gewend om van hulle ‘n wet te kry wat swart en bruin mense verbied om verder te delf.

Daar’s dadelik baie vrae in Kgotsafalang se kop: hoe het die wit mense dan die grond waar daar gedelf word, in die hande  gekry? Maar dis moeilik om ‘n sinvolle geprek te voer met ‘n geswelde kakebeen, veral as jy boonop nie alles goed verstaan nie!

Vroeg saans, na uitvaltyd, as almal reeds by hulle tente is, let Davies op daar loop mans, stadig in die straatjie af, amper of hulle iets soek. Davis gewaar hulle eerste. ‘Irishmen’! is sy eerste gedagte. ‘Trouble!’, is sy tweede gedagte. Sy derde gedagte is vir hom pynlik: Kgotsafalang sal moet uit! Hy wat Davis is, gaan groot beboet word, en gaan uiters ongewild in die delwerye wees. Dis tyd om ‘n ernstige gesprek met Kgotsafalang te hê!

So het dit gekom dat Kgotsafalang, toe hy trug by die delwerye is, geselskap met die werkers aanknoop. Die een wie hom eerste genader het, op dag een of twee, staan nader, en Kotsafalang vra uit oor blyplek. Nee, daar is oorgenoeg plek daar waar hulle bly – dis ‘n groot  gebou, spesiaal vir werkers opgerig, en daar bly die werkers sonder om te betaal. Jy moet net na jouself, en jou goed, kyk. Kgotsafalang reël om sommer die volgende dag oor te trek. Davies raai hom aan om net ‘n par stukkies goed in ‘n bondel te draai, en dit saam te neem. Die res kan in die hokkie bly.

Kgotsafalang het grootgeword met genoeg van alles. Sy ma, Kora, het goed gesorg vir hom, sy gogo, en die ander kleintjies op die werf. Groot is sy ontnugtering toe hy die kampong binnestap met sy bondeltjie op sy rug. Dit wemel van mans, net soos dit op die delwerye wemel! Dit lyk of daar nie plek vir ‘n muis in die plek is nie! Dis die ruik in die plek, die stank wat Kgotsafalang na asem laat snak. Die venstertjies wat daar is, is hopeloos te klein. Dit gaan sy blyplek wees van nou af!

Die man wat hom daarnatoe bring, los hom eers alleen, en stap tussen die rye deur. Kgotsafalang se oë boor deur die donkerte om vas te stel, presies waar hy is, en waar die deure is! As die deure moet toe, dan’s dit seker nagdonker binne! Vir hom voel dit mens kan versmoor in die plek.  Hy  weet sommer hy’s nie veilig in die plek nie! Hier kan ‘n  mens dood geslaan word, in die nag,! Hy  sal moet een oog oop, slaap. In sy hart is Kgotsfalang bang, maar hy weet hy’s ‘n man in sy kultuur, en hy sal staatmaak op sy mansskap, as dit daarop aankom.

Die plek is gebou met dik sementbeddens, bo-op mekaar – langs die kante van die gebou af, en twee rye in die middel af. Tussen die beddens, loop die paadjies tot waar jou plek is. Vir hom voel dit mens kan versmoor in die plek.  Hy  weet sommer hy’s nie veilig in die plek nie. Hy   sal moet een oog oop slaap. In sy hart is Kgotsfalang bang, maar hy weet hy’s ‘n man in sy kultuur, en hy sal staatmaak op sy man -skap, as dit daarop aankom

Sy vriend kom, met ‘n groot man na hom toe aangestap. Kgotsafalang herken hom dadelik aan sy kleredrag as ‘n Sotho-man, en voel gemaklik met hom soos hulle dieper in stap, tot heel agter in die gebou na ‘n groepie mans toe. Daar word hy aan die leierskap van die gebou, voorgestel net as Kgotsafalang. Hierdie manne hou wet en orde in die plek – teen ‘n prys. As daar iets verkeerd gaan met jou in daardie doolhof van mense, kan jy hulle gaan spreek, met alle besonderhede, teen ‘n prys. Alles het ‘n prys, daar. Om daar te bly, hoor hy toe, het ook ‘n prys. Hy dag sy vriend het gesê dis verniet. Die prys vir verblyf is tien sjieling, ‘n aardige bedraggie wat die raadsmanne dink, Kgotsafalang nie sal hê nie. Dog, die lenige, jong man verras hulle, en knoop sy khakie sakdoek los, en haal die kleingeld wat hy by die Indiër gekry het, uit. Dit hou hy met albei hande, na die raadsmanne toe uit.  ‘n Paar oë rek, want tien sjielings sal mens lank voor werk hier op die delwerye. Hier haal die jongman sommer ‘n noot uit sy sakdoek uit vir hulle. Daar word ‘n plek vir Kgotsafalang aangewys – bokant ‘n groot, vet werker. Toe Kgotsafalang sy voet langs die man probeer inskuif,  om by die boonste slaapplek te kom, kry hy ‘n yskoue ontvangs: hy’s nie welkom nie! Sy bondeltjie maak hy oop, en haal ‘n dik-kombers uit wat sy gogo vir hom gemaak het. Dis eintlik twee komberse waarvan die kante toegenaai is, om ‘n lekker dikkerige matrassie te maak. Hy eet niks  – kyk net rond, waar in die gebou hy is; en waar die man is, wat hom daarheen gebring het. Hy gaan op sy rug lê op sy matrassie bokant die groot man wat onder hom, op sy sementblad, sy blyplek het.  Hy besluit om so min as moontlik, en so lig as moontlik, te slaap. Mens kan enigiets te wagte wees in ‘n plek soos dié. Hy vind uit in die eerste nag daar’s werkers wat glad nie slaap nie. Heelnag is daar pratery, en lagtery, en ‘n rumoer deur ‘n sekere groep, reg aan die ander kant van die blyplek, waar hy lê. Van sy hoe blyplek af, kan hy taamlik ver in die donkerte , sien. Hy sien wragtag vuurtjies brand, daar diep in, tussen die slapplekke. Hy vind ook uit die man onderkant hom, lê snork so, dat g’n mens, in elk geval, ‘n oog sal kan toemaak nie. Dis snorke wat diep uit die binneste van ‘n groot swaar, moeë man, kom. Hy, wat Kgotsafalang is, sal ‘n plan moet maak om nie heel nag uit die slaap gehou te word nie.

Soos hy lê luister hy na die naggeluide binne in die kampong, en dié al sagter raak, weet hy dis reeds in die klein ure van die nag. As iets gaan gebeur , moet dit van nou af enige tyd gebeur. Dog, niks gebeur met Kgotsafalang gedurende die eerste nag in sy nuwe blyplek nie.   

Hy’s vroeg op, en gaan vorentoe, waar daar voor, soos jy inkom, ‘n paar vuurherde ingebou is. Daar brand reeds ‘n paar vure, en verskeie mans kom met potte water om warm te maak,  seker vir was , en ook vir koffie en brood. Hy’t ook koffie en brood saam gebring, maar nie ‘n bakkie om in te was nie. Sal maar een saam bring vanaand van die hokkie af, as hulle die gereedskap weg gesit het. 

So begin Kgotsafalang se lewe in die kampong saam met ander swart werkers by die delwerye. Hy is een van duisende swart werkers wat van verskillende dele van die land kom, elkeen met sy taal, en tradisies, en wat nou almal saam gegooi is, in een gebou. Kgotsafalang sien sommer van die begin af die probleem. Hoe groot die omvang van die probleem eintlik is, sal hy weldra uitvind.

+ posts

Alex Marshall hails from Heidelberg in the Western Cape. He was a teacher at Trafalgar High School in District Six, whereafter he taught English at Masibambane High School in Kraaifontein. He was an activist for South African sports; has a great interest in history, and holds a master’s degree in Philosophy from UCT. Alex is passionate about reflecting on his community in his writing.

Leave a comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *